Ekstra Geriewe

house kitchen
Die ruim dubbelverdiepinghuis is teen 'n skuinste gebou in 'n gevestigde en boomryke spogwoonbuurt. Die hoë ligging en wye, oop balkon / stoep bied 'n onbelemmerde panoramiese uitsig oor die hele kuslyn met Tafelberg in die agtergrond. Die tuin is veilig omhein vir kinders en honde is welkom.

 

Huis: Die kombuis is volledig-toegerus met stoof, mikrogolfoond, yskas/vrieskas, skottelgoedwasser en wasmasjien. Albei badkamers het 'n stort en bad. Ekstras: DSTV (bring jou eie kaart), buitebraai-area en private sonbrandhoekie met 'n prag-uitsig oor see en Robbeneiland; omringende balkon / sonstoep met 'n asemrowende see-uitsig oor die hele kuslyn en Tafelberg.

 

apartment kitchenWoonstel: Die kombuis is volledig-toegerus en het ook 'n binnebraai-area; ruim gemeubileerde woonkamer met TV en aparte enkelbed; badkamer met romantiese marmer-hoekbad en oorhoofse stort; wasmasjien (in badkamer); draagbare braaigeriewe vir buitebraai; private, omheinde tuin vir kinders - honde is welkom; Rook buite.